Project 29

Application of mens rea in statutory offences

"Die Kommissie het gedurende 1975 op voorstel van een van sy lede besluit om 'n ondersoek na mens rea by statutere oortredings by sy program in te sluit. Soos blyk uit die talle vonnisbesprekings en artikels wat oor die onderwerp in regstydskrifte verskyn het, was daar destyds heelwat onsekerheid oor sekere aspekte van die skuldvereiste by statutere misdrywe.Weens ander belangrike projekte wat aandag moes geniet, kon daar nie vroeer met die ondersoek 'n aanvang gemaak word nie.Uit 'n oorsig van die literatuur oor die onderwerp blyk dit dat die belangrikste aspekte waaroor daar onduidelikheid of onsekerheid bestaan, die volgende is:
(a) Die begrip mens rea en die verskillende vorms daarvan;
(b) Indien 'n bepaalde handeling of versuim in 'n misdaadbeskrywing verbied word sonder 'n spesifieke aanduiding of 'n bepaalde geestesgesteldheid by die dader vereis word, maak mens rea dan wel 'n element van die misdryf uit?
(c) Indien die wetgewer nie aandui of mens rea vereis word nie, maar die hof wel bevind dat dit 'n vereiste vir strafregtelike aanspreeklikheid is, watter graad van mens rea moet dan toegepas word?
(d) Op wie rus die bewyslas met betrekking tot mens rea?

Die ondersoek behels 'n wye veld wat die hele gebied van die skuldbegrip en die toepassing daarvan op statutere misdrywe dek. Daar is gepoog om die ondersoek te beperk tot die vrae hierbo aangestip soos hulle in die jongste hofbeslissings en regsliteratuur behandel is."

Report

  • Report on Project 29: Report on the Application of mens rea in statutory offences / Mens Rea by Statutêre Oortredings (September 1982)
    This report is in Afrikaans.
    "Waar daar in die verlede aspekte van die toepassing van die skuldvereiste by statutere misdrywe was waaroor daar onsekerheid bestaan het of wat onbevredigend was, skyn dit asof die belangrikste onsekerhede en onbevrediqende aspekte deur middel van die regspraak uit die weg geruim is. Die reqspraak is dinamies genoeg om ook ongerymdhede wat nog mag bestaan uit die weg te ruim. Uit die oogpunt van die regshervormer beskou, bestaan daar in die stadium geen behoefte om enige aspek van die toepassing van mens rea by statutere misdrywe by wet te reel nie. Die meeste van die probleme wat met die toepassing van die skuldvereiste by statutere misdrywe ondervind word, kan natuurlik voorkom word indien die wetgewer by die skepping van statutere misdrywe konsekwent en duidelik aandui of skuld 'n vereiste vir aanspreeklikheid is en, indien wel, watter skuldvorm vereis word."