Project 20

Petition Proceedings in Courts

"Sy Edele die Minister van Justisie het goedgekeur dat die Kormnissie ondersoek instel na die vervanging van petisieprosedure in hoer howe deur die procedure vir kennisgewing van mosie.

Ons siviele prosedure maak voorsiening vir twee verskillende wyses waarop 'n aansoek aan 'n hoerhof gerig kan word naamlik verrigtinge by wyse van petisie en verrigtinge by wyse van kennisgewing van mosie. Die verskil tussen die twee soorte aansoeke is hedendaags slegs 'n verskil in vorm. Die petisie word aan die hof as sodanig gerig en die beedigde verklaring waarop gesteun word, maak. deel van die petisie uit. Die kennisgewing van mosie daarenteen word aan die griffier gerig en gaan vergesel van die beedigde verklaring waarop gesteun word. Verder is die petisie meer formalisties van aard, van petisieprosedure word hedendaags feitlik slegs gebruik gemaak waar dit by wet vereis word. Wette wat voorskryf dat sekere aansoeke by wyse van petisie moet geskied is byvoorbeeld die Insolvensiewet, 1936 en die Wet tot konsolidasie van die kieswette, 1946.

Die gedagte agter die voorstel dat petisieprosedure geheel en al deur die prosedure by wyse van kennisgewing van mosie vervang moet word is dat daar geen behoefte bestaan aan twee verskillende procedure om aansoekke aan die hoer howe te rig nie en dat petisies in elk geval onnodig formalisties is."

Report