Project 18
Recognition & Enforcement of foreign awards
"Die Sekretaris-generaal van die Verenigde Volke Organisasie het op 15 Januarie 1974 die aandag van SuidAfrika se Permanente Verteenwoordiger by die VVO op die Algemene Vergadering se besluit no. A/RES/3108 (XXVIII) gevestig waarby state wat nog nie tot die Konvensie op die Erkenning en Afdwinging van Vreemde Arbitrasietoekennings van 1958 toegetree het nie, uitgenooi word om oorweging aan toetrede tot die Konvensie te skenk. In die lig van die onsekerheid wat in ons reg met betrekking tot die afdwingbaarheid van vreemde arbitrasietoekennings bestaan, het die Departement Justisie die aangeleentheid na die Kommissie vir ondersoek verwys. Sy Edele die Minister van Justisie het goedgekeur dat die aangeleentheid as 'n projek op die Kommissie se program geplaas word.
Artikel 31 van die Wet op Arbitrasie, 1965 (Wet 42 van 1965) maak daarvoor voorsiening dat 'n arbitrasietoekenning op aansoek by 'n bevoegde hof deur 'n party by die verwysing, na kennisgewing aan die ander party of partye, 'n hofbevel gemaak kan word. 'n Toekenning wat 'n hofbevel gemaak is, kan op dieselfde wyse as 'n vonnis ten uitvoer gele word.
Die Kommissie het tot die gevolgtrekking gekom dat dit in die belang van die Republiek sal wees om tot die Konvensie toe te tree. Konsepwetgewing is voorberei deur middel waarvan aan die bepalings van. die Konvensie gevolg gegee kan word en waarby beoog word om vreemde arbitrasietoekennings op dieselfde grondslag in die Republiek afdwingbaar te maak as wat plaaslike toekennings afgedwing kan word."
Report
- Report on Project 18: Recognition & Enforcement of foreign awards / Verslag betreffende die Konvensie op die Erkenning en Afdwinging van Vreemde Arbitrasietoekennings (August 1975) This report is in Afrikaans
"Die Kommissie beveel aan dat die Republiek tot die Konvensie op die Erkenning en Afdwinging van Vreemde Arbitrasietoekennings van 1958 toetree. Orn gevolg te gee aan die bepalings van die Konvensie beveel die Kommissie aan dat wetgewing op die basis van die bygaande konsep aangeneem word."