Project 05
Safeguarding of money held in trust
"Na aanleiding van gevalle wat voorgekom het waar eiendomsagente geld verduister het wat in trust ten behoewe van kliente gehou is, is vertoe vir beveiliginsmaatreels ten opsigte van sulke geld aan die Departement Justisie gerig. Sy Edele die Minister van Justisie het opdrag gegee dat ondersoek na die bedrywighede van agente in die algemeen ingestel moet word met betrekking tot geld wat deur hulle ten behoewe van prinsipale gehou word. Die Departement Justisie het die Kommissie versoek om te oorweeg of hy so 'n ondersoek sal onderneem. Met die goedkeuring van die Minister van Justisie is die projek op die Kommissie se program geplaas."
Report
- Report on Project 05: Report on the Safeguarding of money held in trust / Betreffende die beveiliging van geld wat deur 'n agent ten behoewe van 'n Prinsipaal gehou word (1974) This report is in Afrikaans
"Die Kommissie beveel aan dat die Departement Handel voortgaan met die voorbereiding van wetgewing ten opsigte van eiendomsagente op die basis van diekonsepwetsontwerp wat deur daardie Departement aan die Kommissie voorgele was. Met betrekking tot skuldinvorderingsagente beveel die Kommissie aan dat die aangeleentheid oorstaan totdat die verslag van die Departementele Komitee van Ondersoek na die Prosedure van Skuldinvordering in Landdroshowe beskikbaar is. Indien dit nodig blyk te wees, kan die aangeleenthcid daarna as 'n afsonderlike projek deur die Kommissie ondersoek word".